

DIENSTE.
n DIENS.

Die minimum ure wat n TLB per dag werk is 9 ure waar die huidige droe tarief R280 per uur is, die dieselverbruik is tussen 4.5l tot 6.5l per uur.
Breuke kom nou en dan voor en ons doen ons allerbeste om dit so spoedig moontlik op te los en reg te maak, n bietjie geduld is partymaal nodig.
n Langtermyn tarief is ook onderhandelbaar.
Terme en Voorwaardes

Enige tyd wat verlore gaan agv n fout van die verhuurder sal van die ure afgetrek word.
Daar moet ten alle tye toesig gehou word oor die werk wat gedoen word, die verhuurder sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige werk wat verkeerd gedoen is of goedere wat beskadig word soos pype en kabels wat begrawe is nie. Die verhuurder sal nie verantwoordelik gehou word vir tyd wat die TLB staan en wag vir diesel of werk wat vir hom gewys moet word nie. Die minimum ure wat betaaalbaar is is 9 ure per dag tensy anders met die verhuurder ooreengekom.
Die TLB moet met dieselfde hoeveelheid diesel wegry as wat daarmee aangekom word.
NOG DIENSTE.

Enige ander masjienarie wat benodig word soos tippers, excavators of dozers kan gereel word.